HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
FS CHEETAH CHEERLEADERS TJOKKIES CHEETAHS MASCOT HARLEY DAVIDSONS
Vodacom Tjokkie Cheetahs

Onder die afrigting van Leana Scoltz en Blanche Botha is ‘n uiters suksesvolle Pom-Pom groepie van dogtertjies in graad een tot graad drie in 2007 te Tjokkies begin.  Die sukses van die groepie het almal se verbasing aangegryp en se harte gesteel. 

Die heel eerste Pom-pom groepie in Suid-Afrika wat voor die provinsiale rugbyspan soos in die geval, die Vodacom Vrystaat Cheetahs, se tuiswedstryde optree onder borgskap van Vodacom en die Vrystaat Rugby Unie.  Die groepie het grootmense gaande en dogtertjies begeer om deel daarvan te kan wees.

Met toegewyde oefening word hulle al hoe meer behendiger en tree met meer vertroue op.  Die heerlikheid van toejuiging wat hul ontvang dra hul die hoogste wolke in.  Wat ‘n wonderlike voorreg vir ‘n kind.

Die grootste sukses is nie om voor hulle kampioen rugbyspan op te tree en die wêreld se toejuiging te kry nie.  Nee, baie meer, die ongelooflike opheffing van hierdie dogtertjies gaan dit ver te bowe.  Hul ogies blink, hulle ontwikkel ‘n trots op hulself, op die groepie, op hul skool en dit bewerkstellig opsigself ‘n trotse houding.  Hul sukses wat ma en pa nie een kon van droom, kweek selvertroue, dissipline en samehorigheid in die groepie soos min.

Tjokkies is trots op ons Pom-Pom groepie, hul toegewyde ouers en dankbaar vir Vodacom en die Vrystaatse Rugby-Unie wat alles moontlik gemaak het, maar ons grootste dank aan ons Hemelse Vader sonder wie dit nie moontlik sou wees nie.

Toyota Puma
Free State Province Vodacom Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Windmill Casino Free State Sport Science Institute  
Rosepark Hospital Castle Larger Pharos Medical Plan LG Electronics South Africa Gilbert RugbyTsogo Sun    
           
 
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster  |  Online Liquor
© 2024 Free State Rugby Union