HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
HISTORY STADIUM LAYOUT PARKING DIRECTIONS RULES
History

Vodacom Park

Rugby het in die laat 1800’s in Bloemfontein sy bestaan gemaak en soos alle goeie sportsoorte is die gronde waarop dit gespeel word baie belangrik.  Die splinternuwe Vodacom Park word met die wedstryd tussen die Vodacom Cheetahs en die Brumbies die eerste keer in gebruik geneem.  Die stadion soos wat hy vandag staan, lyk splinternuut, maar die geskiedenis rondom die speelgronde is stokoud...

Ons begin in die jare tussen 1870 en 1890.  Tydens hierdie jare is rugby nog op die ou Skouterrein (nou die Brebernerskoolterrein) gespeel.  Met die snelle ontwikkeling van Bloemfontein en natuurlik die inwoners se liefde vir sport, het daar ‘n behoefte ontstaan vir rugbyvelde.  In 1888 is besluit om Ramblers te gebruik soos hy vandag nog bekend staan en 1890 is is ‘n klein staalpaviljoen opgerig met kleedkamers en ‘n kleinerige toeskouerspaviljoen.

Die klubhuis op Ramblers het sy onstaan te danke aan mnre. G.A. Fichardt en Newsberry wat 3 500 pond ingesamel het en in dieselfde jaar voltooi is. In die tweede vryheidsoorlog (1899 – 1902) is die klubhuis gebou as ‘n militęre hospitaal  gebruik, maar die sport het soos normaal op die veld aangegaan.  Die klubgebou het egter tydens ‘n krieketwedstryd in Oktober 1903 tot op die grond afgebrand  nadat die weerlig hom getref het.  ‘n Sinkhuisie het daarna as tydelike klubhuis gedien totdat die nuwe klubhuis weer gebou is.  In daardie jare is wedstryde op velde sonder gras gespeel.  Dikwels moes spelers voor wedstryde pikke gryp en die grond so bietjie loskap sodat die oppervlak darem nie so hard is  nie!
Die Curriebeker toernooi van 1920 is ook op Ramblers gehou en Vrystaat het ook teen verskeie buitelandse spanne op hierdie veld gespeel.

Op ‘n spesiale vergadering in 1927 is daar besluit om die Vrystaat Rugby se hoofkwartier te skuif na ‘n tremterminus in Westdene.  Werk aan die terrein het in November 1928 begin en sowat 700 bome is uitgehaal en die gelykmaak van die oppervlak het sowat 200 pond gekos.  ‘n Boorgat is gesink en ‘n enjinkamer is gebou.  Kikoejoegras is uit Pretoria bestel en in Maart 1929 op die veld geplant.  Die veld was uiteindelik in 1930 gereed.

Op die jaarvergadering in Maart 1930 is gerapporteer dat die Bloemfonteinse munisipaliteit 2000 pond aan die Vrystaatse rugby bond geleen het om ‘n hoofpaviljoen by sy nuwe hoofkwartier in Westdene op te rig.
Springbokpark het toe bestaan uit ‘n hoofpaviljoen, wat sitplek aan 500 toeskouers bied met ‘n netjiese wit reling om die veld.  Daar was twee groot kleedkamers met sewe storte – warm en koue water, ‘n vergadersaal, ‘n verversingslokaal en ‘n kantoor vir die sekretaris.  ‘n Paar honderd toeskouers het die amptelike opening op 30 Mei 1930 bygewoon.
Die Vrystaat het sy eerste provinsiale wedstryd op 26 Julie op Springbokpark teen Transvaal gespeel en 3-9 verloor.  Tydens hierdie Curriebeker wedstryd het die losskakel Tiny Francis die eerste drie gedruk.  Die eerste toets wat gespeel was op Springbokpark was op 2 September 1933 teen Australië.
Op 12 Junie 1946 het die Vrystaatse Rugbybond vir die Suid-Afrikaanse uitsaaikorporasie toestemming gegee om twee wedstryde op Springbokpark uit te saai.
Vrystaat het op 4 Junie 1955 sy laaste provinsiale wedstryd op Springbokpark gespeel.  Januarie 1987 het stootskraper Springbokpark van kant gemaak – en die Hydromed hospitaal, wat vandag bekend staan as die Medi Clinic is daar opgerig.

Dit was ‘n yslike gesukkel voordat die Vrystaat Stadion in die jare vyftig gebou is.  Later was daar weer ‘n geskuur van skouers om die stadion in 1968 te moderniseer en dan uiteindelik om die stadion kompleks te ontwikkel in 1994.

Tydens 1955 toe Vrystaat Stadion die eerste keer gebou is, is die stadion letterlik gebou op weggooimateriaal.  Alle ou bakstene en betonafval van geboue wat sedert 1946 gesloop is, en alle grond van opgrawings waar sommige van Bloemfontein se pronk geboue vandag staan, is daar gegooi.
Die bouwerk aan hierdie stadion het in 1954 begin.  Met die voltooi van die stadion het dit sitplek aan 12 000 toeskouers gebied. 

Op 26 Augustus 1955, het die Junior Springbokke teen die Britse Leeus gespeel en hierdie was ook die eerste amptelike wedstryd in Vrystaat Stadion.  Die stadion geopen deur JJ Fouche, die Vrystaatse Administrateur.  Wyle mnr. AK Volsteedt was in hierdie wedstryd die skeidsregter.  Die 30 000 toeskouers wat hierdie wedstryd bygewoon het, het gesien hoe die Leeus met 15 – 12 teen die Suid-Afrikaanse span wen. 

Op 5 Februarie 1960 is daar permanente beligtingstelsel ook geďmplementeer wat 800 pond gekos het. 22 Mei 1976 is die AK Volsteedt-kantoorgebou van die Vrystaatse Rugby-Unie in gebruik geneem met ‘n wedstryd teen WP.  Die oprigting van hierdie gebou het R200 000 gekos.

In September 1984 is die besluit om die Vrystaat stadion te moderniseer  aan die gang gesit.  In stadiums is daar tot 24uur per dag gewerk om stadion se nuwe hoofpaviljoen te voltooi.  Van die bestaande betonstrukture moes oorgebou word, nadat reën dit belemmer het.  Die nuwe hoofpaviljoen van die Vrystaat-stadion wat teen R3 458 000 gebou is, is op 7 September 1985 met ‘n wedstryd teen WP amptelik in gebruik geneem.  Die vier reuse ligtorings in die stadion het ‘n verdere R612 000 gekos. Die hoofpaviljoen is vergroot van sowat 2 000 sitplekke na 6 000 onderdak sitplekke.  Daar is 100 rooi sitplekke in die gebied vir baie belangrike persone, 672 geel sitplekke vir losiehuurders en ongeveer 6 000 grys sitplekke vir gewone publiek en seisoenkaartjiehouers.  Die kleedkamers, sowel as die mediese geriewe is van die modernste in die land en die Vrystaat Stadion is ook die enigste stadion in Suid-Afrika waar daar geriewe uitsluitlik vir media is.  Die nuwe hoofpaviljoen is in ‘n rekordtyd van 8 maande voltooi.

Vir Bloemfontein om Węreldbeker rugby wedstryde in Vrystaat stadion aan te bied, sal baie aanpassings aan die stadion self moet gebeur.  Op Donderdag, 9 Desember is die groen lig gegee vir die herontwikkeling van die stadion wat nagenoeg R40 miljoen gaan kos.

Die bou aan hierdie stadion het vanaf April 1994 tot Mei 1995 geduur, maar tydens hierdie tydperk het rugby nie stil gestaan nie.  Op Saterdag, 1 Mei 1994 is geskiedenis gemaak toe daar die eerste keer in 99 jaar wat die Vrystaatse Rugby-Unie bestaan, rugby op ‘n krieketveld gespeel is.  Hierdie wedstryd was Vrystaat teen Oos-Transvaal.  Daardie jaar het Vrystaat al hulle tuiswedstryde in die Spirnbokpark-krieketstadion afgehandel en ongelukkig in die Curriebeker finaal verloor.

Mei 1995 is rugby in Vrystaat Stadion weer hervat.  Toeskouers wat rugby- en sokkerwedstryde in die nuwe stadion gaan bywoon, kan gerus wees van die stewigheid van die paviljoene.  Dit is ontwerp om laste te dra en swaaibewegings te hanteer wat toeskouers veroorsaak.  Die nuwe stadion bied sitplek aan sowat 37 000 toeskouers (losies ingesluit).  Die stoele op die stadion is van polipropileen gemaak.  Elke toeskouer moet ook van hoek tot kant die hele veld kan sien en moet ook naby genoeg aan die veld sit om die spel behoorlik te volg.  Dit sluit in ‘n siglyn wat ‘n minimum hoogte van 75mm toelaat vir ‘n toeskouer om bo-oor die toeskouer voor hom te kyk.  Die minimum afstand van rug tot rug tussen toeskouers is 850mm en die minimum wydte tussen stoele is 500mm.
Die rekordtelling vir Węreldbekerrugby is hier op Vrystaat-Stadion aangeteken – 4 Junie 1995.  Die wedstryd was tussen Japan en Nieu-Seeland en die telling 145 -17.

Interessante feite oor Vrystaat-stadion nadat hy in 1995 voltooi is:
• Sowat 10 000 kubieke meter ton is gebruik
• Die voorafgegote sitplek-elemente vir die boonste vlak kop-aan-kop sowat 11km strek.
• Sowat 1miljoen stene is in die stadion gebruik
• Sowat 195 ton staal is in die dakstruktuur gebruik

Op 8 Junie 2002 kry Vrystaat Stadion die eerste keer ‘n kommersiële naam en verander na Vodacom Park.  Hierdie dag merk ook die dag wat Suid-Afrika hulle eerste toets teen Wallis in Bloemfontein speel.

Nadat Suid-Afrika die 2010 Sokker Węreldbeker bod gekry het, het almal besef daar lę groot werk voor en die grootste hiervan was die stadions.  Januarie 2008 is die bouwerk begin aan Vodacom Park.  Die verbouings het net aan die hoofpaviljoen plaasgevind.  ‘n Hele boonste vlak is aangebou vir meer sitplekke en die kleedkamer, sowel as mediageriewe is aangepas vir internasionale standaarde.  Interessante feite rondom die splinternuwe Vodacom Park:

• Twee groot skerms is ingerig.  Hierdie skerms help die toeskouers om nog meer van die rugby te ervaar.  Met die oprig van die skerm aan die Loch Logan kant, het 322 sitplekke verlore gegaan.

• Die nuut geboude gedeelte vat 8 420 sitplekke.  Hierdie sitplekke is groen vir ons plaaslike sokkerspan – die Bloemfontein Celtics

• Vodacom Park het voorheen slegs 18 sitplekke vir gestremde persone gehad.  Hy huisves nou 160  sitplekke vir gestremde persone.

• Die nuwe Vodacom Park het sitplekke vir 200 “VIP” persone en 150 vir “VVIP” persone.

• Die totale sitplekke vir die splinternuwe Vodacom Park is 46 000.

• Die eerste wedstryd wat in die nuwe Vodacom Park gespeel gaan word, gaan die 4de April plaasvind tydens die Vodacom Super 14 kompetisie waar die Vodacom Cheetahs teen die Brumbies speel.


Inligting verkry vanaf:
VRYSTAAT! 100 jaar van hardlooprugby:  Frikkie van Rensburg en Herman Le Roux (1995)
Cheetah-land, weer Curriebeker-land:  Frikkie van Rensburg (2006)

Toyota Puma
Free State Province Vodacom Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Windmill Casino Free State Sport Science Institute  
Rosepark Hospital Castle Larger Pharos Medical Plan LG Electronics South Africa Gilbert RugbyTsogo Sun    
           
 
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster  |  Online Liquor
© 2024 Free State Rugby Union