HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
RESULTS FIXTURES LOGS PROFILES HISTORY
History

Die 2009-seisoen was propvol hoogtepunte én opwinding, máár daar was die gebruiklike suur by hierdie soet!
Ons Springbokke beklee tans die boonste plek op die Wêreldranglys, is die houer van die William Webb Ellis-wêreldbeker, die Drienasie-beker, die Britse & Ierse Leeus-trofee, die Bulle het die Super14-kroon die tweede keer ingepalm, ons Springbok-sewespan het die Melrose-wêreldbeker die eerste keer verower, die Springbokke het die Vryheidsbeker (teen Nieu-Seeland) en die Nelson Mandela-trofee (teen Australië) ingepalm.
Hier te lande was die besoek van die Britse & Ierse Leeus én die All Blacks van Nieu-Seeland ‘n uitsonderlikheid. Dit is nie aldag nie dat die Britse & Ierse Leeus én die All Blacks in dieselfde jaar hier by ons in die Rosestad in aksie gesien word nie. Trouens, dit was die eerste keer in die bestaan van 114 jaar van die Vrystaatse Rugby-unie dat dié twee spanne in dieselfde jaar in Bloemfontein in aksie was.
Die ingebruikneming van die nuwe hoofpaviljoen op Vodacompark was eweneens ‘n mylpaal wat met afwagting en opwinding gepaard gegaan het.
Daar was ook groot opgewondenheid in die Vrystaat toe die Cheetahs die 13de keer tot die Curriebeker-eindstryd deurgedring het.
Máár, dit was tóg ‘n teleurstelling dat Adriaan Strauss en sy makkers nie op 31 Oktober die knoop in die Curriebeker-eindstryd op Loftus Versfeld teen die magtige Blou Bulle, met húl 16 Springbokke, kon deurhak nie.
Dit was eweneens ‘n bitter pil om te sluk toe die Cheetahs se uiters gedugte voorry – Wian du Preez, Adriaan Strauss en WP Nel, wat die opponente strykdeur in die Curriebeker-kompetisie tweede viool laat speel het – deur die nasionale keurkomitee ‘’misgekyk is’’ toe die Springbok-toergroep van 37 lede later die aand op 31 Oktober in Pretoria aangekondig is.

Máár, nadat die Springbok-weekdagspan op Vrydagaand 6 November 2009 sy rieme teen ‘n erg uitgedunde Leicester Tigers (17-22) styfgeloop het, het die Bok-keurders ‘’lig gesien’’ en is CJ van der Linde (hy speel vir Leinster, Ierland), Adriaan Strauss (foto hierbo - die Cheetah-kaptein in die laaste deel van die seisoen) en Wian du Preez (foto hieronder) ontbied om die beseerdes in die span – Chiliboy Ralepelle, Gurthrö Steenkamp en Jannie du Plessis – te vervang.

Hier op Vrystaat-bodem moet die ondersteuners van Cheetah-rugby die hoed nietemin HOOG lig vir Vrystaat-rugby! Hierdie rugby-unie, een van die kleinstes in Suid-Afrikaanse rugby, het met mnr. Harold Verster, President van die Vrystaatse Rugby-unie, vanjaar besonder goed op feitlik alle vlakke gepresteer.
Die Cheetahs se Cravenweekspan, die Vrouespan, die Onder 19’s, Onder 21’s én die Curriebekerspan het tot hul onderskeie eindstryde deurgedring. Ons Onder21- en Onder19-span het húl onderskeie kompetisies gewen, maar die ander spanne het nie besgegee voor die eindfluitjie in húl eindstryde geblaas het nie.
Daar was volop hoogtepunte die afgelope jaar in Bloemfontein.
Die nuwe hoofpaviljoen, wat teen R315,5miljoen gebou is en wat die sitplek-kapasiteit van die Stadion van 38 000 tot nagenoeg 46 000 opgestoot het, is met ‘n Super14-rugbywedstryd op 4 April tussen die Vodacom-Cheetahs en die ACT Brumbies van Australië, en met ‘n sokkerkragmeting tussen Bloemfontein Celtic en Orlando Pirates ingebruik geneem. Altesame R1,1miljard is aan verbeteringe en ander dinge in en om Bloemfontein bestee ter voorbereiding van 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat in Suid-Afrika gehou gaan word.
Mnr. Harold Verster, President van die Cheetahs, het in media-onderhoude gesê die unie se sukses volg ’n waardegedrewe pad: “Ons het baie toegewyde mense wat vir rugby leef. Daar’s ’n familiegees en kultuur in Bloemfontein. Geografies is ons die kleinste unie in die land, dit is basies net Bloemfontein, en as dit kom by die getal gekontrakteerde spelers is die Vrystaat tussen tweede en derde laaste. Maar ons leef as ’n eenheid na-aan mekaar.’’
‘’Die rugbyfabriek Grey-kollege, die twee universiteite (Kovsies en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie), asook die Rugby-akademie is grotendeels verantwoordelik om die spelers van jongs af tot volwaardige rugbyspelers te slyp, maar dit is nie waar die werk ophou nie.’’
Bestendigheid en kontinuïteit is óók die wagwoord. ‘’Sommiges wou Naka Drotské as afrigter ná die Super14-kompetisie vervang, ná dit moeilik gegaan het. Maar ons het by hom gebly en kyk waar het ons geëindig. Dit het al soveel keer gebeur dat ons agter is, én dán veg ons terug. Dit sê iets van ons fiksheid, stamina en ook ons kondisioneringsafrigters.’’
Dissipline was egter deurgaans die wagwoord in die Cheetah-kamp en slegs Frans Viljoen (teen die Luiperds), Ashley Johnson (Blou Bulle), Robert Ebersohn (Blou Bulle) en Richardt Strauss (Blou Bulle) het geelkaarte op die lyf geloop – naas die Blou Bulle (2) die minste geles wat ‘n span in die loop van die kompetisie gekry het!

Hoe het die verskillende spanne vanjaar gevaar?
Curriebeker – Altesame 58 spelers, onder wie 19 nuwelinge, het die Vrystaat-Cheetahs gedurende die 2009-seisoen in 25 wedstryde verteenwoordig. Van hierdie 58 spelers was 14 onder21-spelers, manne wat in die Vodacom- en Curriebeker-kompetisie reeds ‘n voorsmakie van die harder senior provinsiale rugby gekry het wat vorentoe op hulle wag.
Ná die kragmetings teen die Britse & Ierse Leeus en die Verpligte Vriendskaplike wedstryd teen die SWD-Arende is daar verder uit die Vrystaat-rugbypot geskep en het die volgende 13 spelers, wat in die eerste 9 wedstryde van die jaar nog vir die Vrystaat-Cheetahs uitgedraf het, om verskillende redes vir ander unies gaan speel: Alwyn Hollenbach (Leeus), Flip van der Merwe (Blou Bulle), Howard Noble (Olifante), Philip Snyman, Marnus Briedenhann, Wilken Heyns, Tertius Carse, Eddie Fredericks, Gerrie Odendaal, Kevin Stevens (aan die Griffons geleen), Jandré Blom, Bevin Fortuin en Schalk van der Merwe (almal na SWD-Arende).
Daarbenewens, hét beserings opnuut hul tol in die Curriebeker-reeks in die Vrystaat-kamp geëis. Wilton Pietersen (heelagter – motorongeluk), Meyer Bosman (gebreekte hand), Lionel Mapoe (knie later dyspier), Francois Uys (knie), Hendro Scholtz (elmboog én later harsingskudding), Johan Wessels (bobeen), Wian du Preez (nek), Louis Strydom (heup), Hennie Daniller (kopsnywond), Danwel Demas (knie), Robert Ebersohn (gebreekte enkel), Jongi Nokwe (dypsier), Jacques-Louis Potgieter (rug), Adriaan Strauss (gebreekte duim) en Kabamba Floors (enkel) was in kritieke stadiums weens húl skete afwesig en dít het wél ‘n impak op die Cheetah-vertoningslys gehad.
Dat beserings hul tol geëis het, word voorts duidelik onderstreep in die feit dat ses verskillende kapteins in die loop van die seisoen die leisels in die 25 wedstryde geneem het: Bevin Fortuin (Crusaders - 6), Ashley Johnson (Crusaders – 1 – hy was in 2008 die Vrystaat se gereelde Vodacombeker-kaptein), Hendro Scholtz (SAPD - 5), Meyer Bosman (Universiteit - 1), Adriaan Strauss (SAPD - 9) en Nico Breedt (Oud-Greys - 3).
Dán was daar ook halfpad deur die jaar die verskrikking wat H1N1-grieppandemie wêreldwyd gesaai het. Van die spelers het ‘n wedstryd op twee weens ongesteldheid misgeloop het.
Die Cheetahs se Curriebeker-seisoen was een van wisselende vertonings – in die een sou die Vrystaters maklik voorgeloop het, net om die wedstryd te verloor, in ‘n ander sou hulle gou-gou agtergeloop het, net om die wa uiteindelik deur die drif te trek.
Teen Griekwas (10 Julie) was die Vrystaat ná 57 minute met 18-7 voor, hulle mis 17 moontlike skop-punte én verloor 18-28; teen die Leeus (18 Julie) was die Cheetahs ná 30 minute 19-0 voor,

Toyota Puma
Free State Province Vodacom Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Windmill Casino Free State Sport Science Institute  
Rosepark Hospital Castle Larger Pharos Medical Plan LG Electronics South Africa Gilbert RugbyTsogo Sun    
           
 
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster  |  Online Liquor
© 2024 Free State Rugby Union